SKOOLSIMBOLIEK

SIMBOLIEK VAN DIE SKOOLWAPEN

Tydens die besoek van Rapportryers, wat vanuit alle windrigtings na die inwyding van die Voortrekkermonument oppad was, het dié skool sy huidige naam ontvang (1949).
ONTWERP
Die rapportryer in sy voorwaartse beweging is vol dinamiek soos weerspieël in die perd en ruiter. Fierheid, regmatige trots en innerlike krag, is hier vasgelê. Dit oorheers en styg uit bo die stoflike, uitgebeeld in die mynskagtoring onder die bewegende perdepote. Dit jaag die goue toekoms tegemoet en versinnebeeld die idealisme wat die jeug moet besiel.

SKOOLLIED

Rappies is ons naam, saam sal ons staan.
Fier en Vasberade, in hart en siel en gees.
Streef jy na ‘n droom van vrede en geluk,
Rappies is die antwoord.
Dis hier waar jy hoort.
Wenners, wenners, wenners,
wenners, wil ons wees,
wenners vir môre, wenners in ons gees.
Wenners, wenners, wenners,
wenners sal ons wees.
Lewe vir ‘n toekoms. Lewe ‘n ware fees.
Lewe vir ‘n toekoms, lewe ‘n WARE FEES

LEUSE

“Fier en Vasberade”

Trots en sierlikheid, te sien by
die perd, behoort ook kenmerke van die
seun of dogter wat in hul eindbestemming
glo, te wees. Vasberadenheid spreek van
beslistheid waar geen ruimte vir
twyfelmoedigheid is nie.

Dr. M H O KLOPPERS

KLEURE

WYNROOI, BLOU EN OUGOUD

Visie:

Wenners vir Môre

Missie:

Optimale ontwikkeling van elke kind deur:
Waardegedrewe beginsels
Hoë akademiese standaard
Bekwame personeel
Geleenthede en erkenning
Ouerbetrokkenheid
Tegnologie
Sport en Kultuur

Doelwitte:

Doelwitte word jaarliks bepaal om seker te maak dat die skool op standaard is en tred hou met die huidige

verwikkelinge.

Taalbeleid

Onderrigtaal van die skool is die taal wat deur die gemeenskap gebesig word.

Godsdiensbeleid

Godsdiensbeoefening vind in ooreenstemming met die SA Skolewet plaas.

Toelatingsbeleid

Toelating word in ooreenstemming met die SA Skolewet gedoen.