Voorgeskrewe Skooldrag

SEUNSDOGTERS
SOMERSDRAG:SOMERSDRAG:

• Broek – Kort grys broek
• Hemp – Kortmou wit hemp
• Wit langmou hemp vir spesiale
geleenthede
• Skooltrui of sweetpakbaadjie
• Kleurbaadjie (opsioneel)
• Swart skoene en grys kouse met strepe
• Skoene opsioneel. Ons verkies dat leerders in somer sonder skoene skool toe kom.
• Pullover
• Maroen Drymac


• Maroen skoolrokke of rompies – Geen kort drafbroek onder rok (behalwe maroen ski-pants)
• Hemp – Kortmou wit hemp
• Skooltrui of skoolsweetpakbaadjie
• Kleurbaadjie (opsioneel)
• Swart skoene met maroen sokkies – geen drafskoene. Skoene opsioneel in somer
• Pullover
• Maroen Drymac
WINTERSDRAG (Mei – Aug):WINTERSDRAG (Mei – Aug):
Lang grys broek, wit hemp met das.
Wit langmou hemp vir spesiale geleenthede
Swart skoene en grys sokkies (geen drafskoene)
Skooltrui, sweetpakbaadjie of skool windbreker of kleurbaadjie
Sweetpakke word toegelaat as wintersdrag
Lang maroen broek, wit hemp met das.
OF
Skoolrok met langmou wit hemp en skooldas
Swart skoene en maroen sokkies of seunskoolkouse (geen drafskoene)
Skooltrui, sweetpakbaadjie, skool windbreker of kleurbaadjie
Sweetpakke word toegelaat as wintersdrag
HAARVERSIERSELS:
Slegs wit, maroen en swart (omdat dit meer geredelik beskikbaar is).
LEIERS :LEIERS:
Grysbroek, wit langmou hemp en das, skoolbaadjie.Maroen langbroek / skoolrok, wit hemp en das, skoolbaadjie / maroen drimac

Algemeen

Tweedehandse skoolklere kan geskenk word aan die skool, sodat daar aan minderbevoorregte leerders hulp verleen kan word.
Merk van klere: Geen kledingstuk of skoene mag skool toe gedra word indien dit nie gemerk is nie. Die hoof en personeel aanvaar nie verantwoordelikheid vir verlore klere nie.
Leerders mag op die dag wat hulle verjaar, gewone klere aantrek. Let op netheidsreëls in die verband.
Leerders wat skoolsweetpakke skool toe dra, móét skoolskoene daarby dra. Slegs op dae wanneer leerders wedstryde speel, mag hul tekkies / drafskoene saam met hul sweetpakke dra.
Leerders wat provinsiale kleure verwerf het, mag hul provinsiale sweetpak slegs op Vrydae aantrek.
1ste en/of 2de sportspanne mag hul spanuitrustings slegs op wedstryddae
skool toe dra! Hul mag dit met ander woorde nie Vrydae skool toe dra tensy
hul nie daardie dag ‘n wedstryd speel nie.
Geen armbande, kettinkies ens. van watter aard ookal, mag saam met skooldrag gedra word nie.
Die blou sweetpakke is reeds ingefasseer. In belang van eenvormige skooldrag, versoek ons vriendelik dat u die nuwe skooldrag sal aanskaf. Om die rede, sal geen maroen skoolsweetpakke weer verkoop word nie. Die blou en maroen sweetpakke mag nie gemeng en –pas word nie.

Indien u kind dus ‘n blou sweetpakbaadjie het, mag dit slegs by ‘n blou sweetpakbroek gedra word. Dieselfde reel geld vir die maroen skoolklere.

Coolkaartdag

(Leerders met Coolkaarte dra gewone klere):
Let asseblief op netheid. Dogters moet ‘n netjiese langbroek, rok of romp dra. Slegs toe skoene of sandale wat om die enkel vasgemaak word, mag gedra word. Hare moet vas wees en geen grimering mag gedra word nie.

Rappiehempiedag

Rappiehempies mag slegs saam met blou denim langbroeke en toe skoene / tekkies gedra word. Dogters mag nie ‘n kant kamisool onder die Rappie hempie dra wat uitsteek nie. Slegs skooltruie of skool sweetpakbaadjies mag op koeler dae gedra word.